Ouma Mollie En Die Mensvreter
""Die laaste een in die see is 'n bolletjie snot!" roep ouma Mollie. Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootse moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid. Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Dit begin toe ouma Mollie soos 'n verdrinkende meermin in die bad lê. Gou laai sy vir Nina en Blapsie, die basterbrak, in haar kar. Hulle sit af see toe. Dis waar hulle in GROTER moeilikheid beland, want ouma Mollie wil mos leer surf. En sy wil die dolfyne voer. En ... Nee, wag, jy moet maar self lees wat TOE gebeur het. Ai, as ouma Mollie net geluister het toe Simon Jantjies vir haar gewaarsku het dat daar 'n HAAI in die water is. Oepsie! Die arme haai ... "--
71 pages
Other (af) edition · First published 2021 by LAPA Uitgewers · ISBN 9780639602271
Be the first to rate this book
Keep track of what you read
Book Nook is a free reading tracker with a 3D bookshelf, a reading timer, challenges with friends and a Reading Wrapped at the end of the year. Add Ouma Mollie En Die Mensvreter to your shelf in one tap.