Book Nook Join Book Nook

Piekfyn Afrikaans Graad 6 Leesboek

Fanie Viljoen

’n Leesboek soos min! Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Huistaal is volgens die vereistes vir leesonderrig in die Intermediêre Fase ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir ’n Graad 6-leerder soos jy. Wanneer jy hierdie leesboek lees, gaan jy jouself inleef in die wonderlike gebeure en karakters in elke storie en teks.Maar die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan nie net uit kort stories nie. Daar is langer stories (uittreksels uit romans) en fotoverhale wat jou as jong leser nuwe avonture gaan laat beleef. Daar is kort dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of te dramatiseer.Daar is ook heelwat inligtings-, sosiale- en mediatekste wat jou lus vir lees sal aanwakker. Jy sal lees oor allerlei temas waarvan jy dalk nog nie weet nie of vreemde plekke ontdek waarvan jy dalk nog nooit gehoor het nie. Jy gaan resensies en advertensies lees om jou taalkennis uit te brei. Al hierdie lekker leeswerk gaan jou help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees en jou taalbegrip bevorder.Vir die klaskamerOm die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die leesboek voorsien:•Vra wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is oor die meeste tekste.•Toeligting by moeiliker tekste.•Woordverklarings vir komplekse woorde.•Die stappe van die leesproses.KABV-geskik.

GenresEnglish & College SuccessEnglishJuvenile Non-Fiction

Other (af) edition · First published 2016 by NB Publishers · ISBN 9781776071784

Be the first to rate this book

Tap or drag across the stars

Keep track of what you read

Book Nook is a free reading tracker with a 3D bookshelf, a reading timer, challenges with friends and a Reading Wrapped at the end of the year. Add Piekfyn Afrikaans Graad 6 Leesboek to your shelf in one tap.

Join Book Nook Get the app