Hans Hou Sy Lyf Sherlock
"Hans van Kraaienburg is mos nie onder 'n kalkoen uitgebroei nie, en hy ken geldsake. Hý sal hom nie met 'n piramideskema laat vang nie . . . of hoe? Toe Huis Madeliefie se mense onder 'n gladdebek-skelm deurloop en hul kosbare geldjies soos mis voor die son sien verdwyn, trek Hans sy kuite styf. Dié swendelaar se akker gaan nie ongekraak bly nie, besluit hy. Toe die polisie 'n beloning uitloof aan enigeen wat hulle na die skurk kan lei, neem Hans die handskoen met mening op. Met behulp van 'n mankolieke bussie en karavaan, mannemoed en vrouedaadkrag gaan Hans en trawante op die oorlogspad, Weskus toe. Javel Davel sál hul geld teruggee, of Hans laat los Nella en haar magtige bloomers op hom . . . Maar twee geslepe broers, Hans se paranoïese dogter en 'n venynige Valke-kaptein belemmer Hans se Sherlock-speurtog telkens. In die mees avontuurlike Hans-verhaal nóg vorder ons geliefde ouetehuiskommando tot by Paternoster se Panty Bar, en anderkant uit. Maar gaan hul beursies maer bly?"--Back cover.
223 pages
Other (af) edition · First published 2025 by NB Publishers Limited · ISBN 9780795802539
Be the first to rate this book
Keep track of what you read
Book Nook is a free reading tracker with a 3D bookshelf, a reading timer, challenges with friends and a Reading Wrapped at the end of the year. Add Hans Hou Sy Lyf Sherlock to your shelf in one tap.