Melktert Vir Die Hart
Vele kêrels het al by Annie probeer vlerksleep, maar vir haar sal daar altyd net een man wees: Sybrand van Dyk, haar ousus Andrea se man. Sy weet sy moet met dié sondige begeerte klaarspeel, maar sy het van kindsbeen af ‘n heldeverering vir hom en glo steeds sy gaan eendag met hom trou. Toe die sesde grensoorlog op die oosgrens uitbreek, kom Michael Ford, ‘n verhewe maar romantiese luitenant, oor haar pad wat geen geheim maak van sy geneentheid vir haar nie. Hy kommandeer haar geliefde perd op vir die oorlog, maar word kort daarna gewond waarna sy hom moet verpleeg.Sy vertellinge van die Kaap maak haar kop deurmekaarder as al die stories wat Andrea kleintyd vir haar vertel het. Dit laat haar dagdroom oor pieknieks, musieklesse en ‘n bal in die kasteel – tot omstandighede haar onverwags in ‘n ander rigting dwing. Sal sy haar hart goed genoeg ken om dit te volg of eerder die pad van plig kies wanneer sy voor die grootste besluit van haar lewe te staan kom?
192 pages, 2 editions
English edition · First published 2023 by Penguin Random House South Africa · ISBN 9781776359035
Be the first to rate this book
Editions
2 editions
English
- Melktert Vir Die Hart · Penguin Random House South Africa · 2023 · ISBN 9781776359035 This page
Other (af)
- Melktert Vir Die Hart · Romanza · 2023 · ISBN 9781776359028
Keep track of what you read
Book Nook is a free reading tracker with a 3D bookshelf, a reading timer, challenges with friends and a Reading Wrapped at the end of the year. Add Melktert Vir Die Hart to your shelf in one tap.